4ha Rivierhoewe met 60 meter rivierfront aan die Vrystaat-kant van die Vaalrivier. Kom vestig jouself reg langs die Vaalrivier met baie geriewe of om vir jou ekstra inkomstes te genereer. Hierdie rivierhoewe het 'n groot lieflike erf en tuin met besproeiing om die grasperke groen te hou. Die druisende water skep 'n ontspannende atmosfeer en uitsig wat dit laat voel of jy altyd op vakansie is. Met 'n groot stoep wat uitkyk op die tuin en rivier is dit 'n ideale plek om elke oggend jou koffie te geniet. Die hoewe bied ook die volgende:- 4 slaapkamers- 2 badkamers- 2 leefareas- kroeg met 'n braaiarea op die stoep- groot kombuis met opwas area- waskamer- buite grasdak lapa wat ook as 'n woonstel omskep kan word- boma vir die buite kuiers- groot swembad met 'n buite onthaalarea- 1 slaapkamer woonstel met 'n badkamer- afdakke vir 6 motors- klein stoorkamers en 'n inloopyskas met n slagkamer- 2 groente tonnels- boorgat (nie toegerus nie)- arbeiderskamers met geriewe- groot sementdam (kort aandag) - hoenderhokke vir kleinskaal-boerdery- varkhokke of lammershokke - klein stoor met laaibank- stoorkamer met groot afdak- +- 100 pekaneutbome- Eskom 3-fase kragMoenie hierdie geleentheid misloop nie. Kontak my gerus vir 'n afspraak.