651 Hektaar Karooplaas by Steytlerville. Veilig Geleë in 'n Mooi Vallei, Weg van Alle Hoofpaaie.
Hierdie 651 ha Karooplaas is geleë 25km vanaf Steytlerville in ‘n mooi vallei, weg van alle hoofpaaie.Die plaas bestaan uit 3 kaarte en is in 4 kampe opgedeel waarvan 3 kampe se drade geëlektrifiseer vir beheer van ongediertes.Verbeterings bestaan uit ‘n skeerstoor met skaapkamp en aparte kraal met afdak.Water kom uit 3 boorgate waarvan een toegerus met ‘n sonpomp en 'n tweede met 'n windpomp. Daar is gronddam en 2 sement damme. Alle infrastruktuur op die plaas is netjies opgeknap. Die veld bestaan uit gras, ‘n verskeidenheid karoo bossies en pruim- en gwarrrie bome.Topografie: Vlakte, rante en berg grond.